Your Recipe Blog

RYP VYEKONFYT

RYP VYEKONFYT

Hier is die vyekonfyt resep wat ek gebruik het.
Gebruik vye wat net ryp is,maar nog ferm.
Skil mooi dun af en prik met ‘n hoedespel.

Laat lê nou in kalkwater oplossing:
3 pinte water (1 pint is 560 ml)
2 teelepels gebluste kalk
Maak kalk met ‘n bietjie water aan en voeg by die bak met water. Laat staan vir ongeveer 30 minute.
Dreineer die boonste kalkwater deur eenlaag kaasdoek. Pak die vye in ‘n groot bak en giet die kalkwater daaroor. Laat staan vir ten minste 5 – 6 ure.
Wanneer die vye gereed is, word dit met koue skoon water baie goed afgespoel. Op ‘n doek effe drooggemaak.

  • STROOP VIR 1 KG VYE:
  • 4 koppies suiker
  • 2 suurlemoene se sap (ek het lemoene gebruik)
  • 8 – 9 koppies water
  • 3 – 4 stukke droë gemmer

Plaas die bestanddele vir die stoop in ‘n groot konfyt pot en laat kook.
Pak die vye in kokende stroop. Sit deksel op en kook vir 20 minute.
Haal van die stoof af en laat staan tot die volgende dag.

Volgende dag:
Verhit stadig. Sodra dit begin kook kan die plaat bietjie hoër gedraai word en deksel verwyder word. Skuim sal vorm, skep voortdurend af. Na 40 minute of bietjie langer sal die skuim begin om boontoe te kom.
Skep nou bietjie stroop in ‘n piering en sit in vrieskas.
Draai intussen die stoof na ‘n laer hitte.
Na 4 – 5 minute sal die piering se stroop koud wees. Hou die piering skeef – as ‘n roompie vorm, is die konfyt reg.
Pak in warm flesse en verseël.

Nota:
Ek het die vye kleiner gesny en toe gekook.

Resep en foto:  Elna Erasmus

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5