RYP VYE IN STROOP
My swartvyeboom dra vanjaar vir die eerste keer oorvloedig. Ek het dié heerlike resep op die internet raakgeloop. Ek weet nie hoe lank dit in die yskas sal hou nie, want die honger rawe hier gaan dit “polish” voor die son opkom.
- 12 – 15 ryp maar ferm vye, gehalveer
- Stroop:
- sap van 1 groot lemoen
- 150 g strooisuiker
- 45 ml heuning
- 5 ml rooswater
- 3 ml vanilla ekstrak
Plaas die bestanddele vir die stroop in ‘n kastrol op die stroof, verhit stadig totdat die suiker opgelos is.
Verhoog die hitte en prut die stroop tot dit effens verdik, ongeveer 10 minute.
Voeg die gehalveerde vye by die stroop en kook vir nog 5 minute totdat die vye effens sag is.
Skep in ‘n glasbak en plaas in yskas tot benodig.
Nota:
Heerlik saam met roomys of (gedreineer) op ‘n Pavlova, saam met geklopte room.
Resep getoets en foto: Marianne Visser