RYP TAMATIEKONFYT
- ryp tamaties
- suiker
- gemmerwortel (ek gebruik so 1 teelepel fyn gemmer)
- suurlemoen
- kremetart
Giet kookwater oor die tamaties, trek die skilletjies af en weeg die tamaties.
Sny die tamaties in stukke en plaas in ‘n groterige kastrol.
Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g tamaties.
Pak die tamaties en die suiker in lae in die kastrol en voeg ‘n paar sukkies gekneusde gemmerwortel (of fyn gemmer) by.
Laat ‘n paar uur staan of oornag en roer deur.
Voeg vir elke 3 kg tamaties 3 skyfies suurlemoen en die sap van 1 suurlemoen of 5 ml kremetart by.
Verhit stadig en roer tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt.
Konfyt moenie kook voor suiker nie opgelos is nie. Pasop vir oorkook, dit vorm baie skuim.
Roer gereeld om te verhinder dat die konfyt aanbrand en toets vir stolpunt.
Skep uit (konfyt moet aan die rand raak) in gesteriliseerde flesse en verseël.
Resep getoets en foto: Louisa Hollenbach