Your Recipe Blog

RYK SJOKOLADEKOEK MET BAR ONE VERSIERSEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

RYK SJOKOLADEKOEK MET BAR ONE VERSIERSEL

My vriendin Salomé, het eendag hierdie koek by die werk geëet en die resep in die hande gekry. Dit is ‘n maklike koek wat nie baie skottelgoed maak nie en in ‘n plat bak gebak word. Geen koekpanne en versiersel en wat nog nie. Ryk en romerig.

  • Smelt saam en laat effens afkoel:
  • 220 g botter
  • ½ koppie kakao
  • 1 teelepel koffiepoeier
  • 1 koppie kookwater
  • Klits saam:
  • 2 eiers
  • 1 ½ koppie suiker (Ek maak die suiker so vir 1 minuut in die mikrogolf warm)
  • Voeg die kakao- en kookwatermengsel by die eiermengsel en roer goed saam.
  • Meng by:
  • 1 ¾ koppies bruismeel
  • ½ koppie room
  • 2 teelepels vanilla geursel

Giet die deeg in ‘n gesmeerde oondbak (20 x 30 cm) en bak vir 30 minute teen 170˚C.
Toets die koek met ‘n “tweetand vurk” – indien die koek gaar is, kom die vurk skoon uit.
Druk die koek vol gaatjies met die vurk en plaas eenkant.

  • Bo-laag:
  • 3 x 58 g Bar-One sjokolades, in stukkies gesny
  • ½ koppie room
  • 1 teelepel botter

Smelt die bolaag bestanddele saam in ‘n potjie op die stoof of in die mikrogolf.
Giet die warm sous oor die warm koek waarin gate geprik is.
Laat staan om te stol en aftekoel.

Wenk:
Ek maak die suiker so vir 1 minuut in die mikrogolf warm –  die eiers klits baie meer skuimerig en lig – die volume is baie groter. Ek het een koek gebak en die suiker warm gemaak en presies dieselfde koek en dit nie gedoen nie -dit het maklik ‘n 1,5 cm hoër volume in die koekpan meegebring – die koek was ook ligter.

Resep en foto:  Tosca de Villiers

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5