Your Recipe Blog

RYK SITRUSKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 50 - 60 minute

RYK SITRUSKOEK

  • 4 groot eiers
  • 250 g strooisuiker
  • 125 g gesmelte botter of goeie bak margarien
  • 100 g gekapte amandels
  • 125 g fyn klapper
  • 1 suurlemoen se gerasperde skil + 50 ml sap
  • 1 lemoen se gerasperde skil + 50 ml sap
  • 175 g bruismeel, gesif

Voorverhit die oond op 180°C.
Plaas alle bestanddele in voedselverwerker en meng op hoog vir 30 sekondes.
Skep die beslag in ‘n 23 cm koekpan, gespuit, bodem gevoer met bakpapier en weer gespuit
Bak vir ± 50 – 60 minute.
Haal uit oond en laat rus vir 10 minute in die pan.
Keer uit op koelrakkie en laat heeltemal afkoel.
Poeier versiersuiker bo-oor en bedien met geklopte room en ‘n minttakkie.

Resep en foto:  Helene Burger

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page