Your Recipe Blog

RYK KARRINGMELKBESKUIT MET KLAPPER

Cook: 45 minute | Servings: +- 100 stukke

RYK KARRINGMELKBESKUIT MET KLAPPER

  • 1,5 kg bruismeel
  • 5 ml sout
  • 750 ml suiker
  • 375 ml klapper
  • 375 g Stork Bake margarien
  • 3 ekstra groot eiers
  • 500 ml karringmelk
  • 125 ml room

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Plaas die meel in ‘n mengbak, voeg die sout, suiker en klapper daarby en meng deur.
Sny die margarien in blokkies en vryf dit by die droë bestanddele in totdat dit soos los broodkrummels lyk.
Voeg die eiers, karringmelk en room by die meelmengsel en meng goed deur tot ‘n sagte deeg vorm.
Rol die deeg in balletjies en pak dit in groot gesmeerde oondpanne of druk die deeg plat in beskuitpanne van eie keuse.
Bak die beskuit in die voorverhitte oond vir 45 minute, of tot gaar.
Breek die beskuit soos verkies, pak op bakplate en droog dit uit in ‘n lou oond.

Nota:
Hierdie mengsel is genoeg vir 2 van die beskuitpanne met die snyers (die 50 snytjies panne).
Ek voeg ook 15 ml bakpoeier (opsioneel) by, dan rys die beskuit mooi hoog.
Ek het die beskuit gedroog in die hologeen oondjie op 125ºC, met die deksel skeef op. Ek stel maar die tyd vir 1 uur en hou ook tussendeur dop, want dit is of dit vinniger droog word daarin.

Resep en foto: Sarie Greyvenstein

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page