Your Recipe Blog

RYK EN LEKKER BRUINTJIES

Recipe by
Cook: 40 minute

RYK EN LEKKER BRUINTJIES

Hierdie brownies is “ geil maar lekker “.

  • 560 g egte botter
  • 30 g kakao
  • 2 teelepels koffiepoeier
  • 600 g bruinsuiker
  • 600 g witsuiker
  • 8 eiers
  • 1 teelepel sout
  • 8 teelepels vanilla geursel
  • 240 g koekmeel, gesif
  • 200 g donker sjokolade (70%) stukkies
  • 200 g melk sjokolade (48%) stukkies

Smelt die botter in ‘n medium kastrol oor medium tot lae hitte en laat verbruin.
Roer af en toe.
Klits intussen die suikers, sout, eiers, vanilla met die flexi beater van die Kenwood tot lig en dik, so 10 minute.
Jy moet ‘n “w” of ‘n “8” kan maak met die flexi beater sonder dat hy wegraak bo-op die oppervlak.
Wanneer die botter ‘n neutgeur het, en mooi bruin is, roer die kakao en die koffiepoeier in en laat dit “blom” vir so 2 minute.
Roer die warm kakaomengsel in die eiermengsel in en meng stadig.
Voeg die meel by en meng stadig deur totdat jy geen meel meer sien nie.
Roer die sjokoladestukkies in en giet in twee reghoekige panne van 25 x 30 cm wat se bodem en kante met bakpapier uitgevoer is en gespuit is met kleefwerende middel.
Bak teen 170 ⁰ C vir 40 minute.
Laat 100 % afkoel.

  • Ganache:
  • 200 ml room
  • 100 g donker (70%) sjokolade in stukkies gebreek
  • 100 g melksjokolade (48%) in stukkies gebreek

Maak die room kokend warm, haal van die stoof af en sit al die gebreekte sjokoladestukkies in die room.  Roer totdat al die sjokolade gesmelt is.
Koel af tot bloedhitte en giet oor die afgekoelde bruintjies.
Verkoel oornag tot dit gestol is.
Sny op en versier by kamertemperatuur soos verkies.

Nota:
Ek het “popping candy” oor die nat ganache gestrooi.

Resep en foto : Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page