Your Recipe Blog

ROOSTERKOEK

ROOSTERKOEK

  • 1 kg koekmeel
  • 2 pakkies kitsgis
  • 2 teelepels sout
  • 3 koppies lou warmwater
  • 1 eetlepel suiker

Maak vuur sodat dit gereed is wanneer jy wil begin bak.
Meng droë bestanddele saam, voeg water by, meng deur en knie deeg goed deur.
Maak deeg lekker warm toe en laat rys.
Wanneer deeg goed gerys het, vat ‘n deel van die deeg, rol dit met jou hande, plaas op tafel en druk plat. Sny in dele, die grootte wat jy die roosterkoek wil maak. Herhaal met die res van die deeg.
Maak seker die vuur is al uit gebrand wanneer jy die rooster op kole sit, rooster moet warm word.
Plaas deeg vorms op die warm rooster, braai alkante asook sykante tot gaar en bruin.
Wees versigtig om nie te brand nie.
Geniet dit!

Resep en foto: Sara Bruiners

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5