ROOSMARYN GEROOSTERDE LAMSTJOPS OF SKAAPTJOPS
- 2 eetlepels olyfolie
- 8 lams- / skaaptjops
- 4 – 5 medium grootte aartappels, in blokkies gesny
- 4 roosmaryn takkies
- 4 heel knoffeltoontjies
- ongeveer 450 g kersietamaties
- 2 eetlepels balsamiese asyn
- sout en peper na smaak
Verhit die olie in ‘n braaipan en verbruin die tjops, wat met sout en peper na smaak gegeur vir 2 – 4 minute aan elke kant.
Haal uit die pan en hou eenkant in ‘n oondbak.
Braai die aartappels in dieselfde pan vir 5 tot 6 minute tot dit begin verbruin.
Plaas die aartappels by die tjops in die oondbak.
Voeg die roosmaryn en knoffel, saam met ‘n half koppie water, in die pan by die vleissappe en vetterigheid en bring tot kookpunt.
Giet die sous oor die vleis en aartappels en bak in die oond by 220ºC vir ongeveer 20 minute, afhangende van die dikte van die vleis.
Rangskik die tamaties in die bak en sprinkel die asyn oor alles.
Plaas terug in die oond en bak verder vir ongeveer 8 minute tot die tamaties net begin oopbars.
Bedien direk uit die oondbak.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete