Your Recipe Blog

ROOMYSKOEK

ROOMYSKOEK

My man verjaar toe maak ek roomys dome. Dit was vrek lekker so het die mense dit beskryf in Pretoria wat 36 is, was dit so gepas vir nagereg 10 Januarie 2018.

  • 2 liter vanilla roomys
  • 5 sjokolades van jou keuse
  • 1 blik karamel kondensmelk
  • 1 pak klein malvalekkertjies
  • 1 boksie Romany Creams
  • “Karamel ice cup” roomysstroop

Laat die roomys sag word. Breek die koekies en sjokolade in stukkies, meng alles in die roomys in behalwe die “ice cup”.
Skep die mengsel in ‘n ronde bak wat uitgevoer is met foelie of kleefplastiek en vries.
Die dag wat jy dit gaan bedien haal vir so 10 min die vrieskas uit en laat op die kas staan.
Keer uit op ‘n mooi opdien bord, dat die bo-kant (plat) onder is.
Verwyder die foelie/kleefplastiek.
Versier met “Karamel ice cup’ of soos verkies.

Resep en foto: Meisie Van Der Colff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page