Your Recipe Blog

ROOMYSKOEK MET BESSIES

ROOMYSKOEK MET BESSIES

Roomys koek vir kersdag, ek het ‘n bietjie gekroek. (roomys is nie self gemaak nie, sommer gekoop)

  •  2 liter vanilla roomys, effens sag gemaak
  • 2 liter sjokolade roomys, effens sag gemaak
  • 1 blik bloubessies
  • 1 blik aarbeie
  • 1 groot blok Top Deck sjokolade

Voer ‘n groot diep meng bak uit met kleef plastiek.
Smelt die sjokolade (in ‘n klein bakkie en sit dit in pot met water op die stoof)
Druk ‘n lepel in die sjokolade en beweeg dit heen en weer in die bak bo-op die kleefplastiek, jy kan ‘n patroon maak as jy wil, maar ek was nie so kreatief nie.
Neem die vanilla roomys, dit werk maklik as dit so bietjie sag is, skep die roomys in die mengbak bo-oor die sjokolade en versprei eweredig.
Sit dit in die vrieskas en vries tot hard.
Sodra die roomys hard is, dreineer die aarbeie en bloubessies.
Plaas die vrugte bo op die gevriesde roomys.
Neem nou die sjokolade roomys (moet ook sag wees) en skep dit oor die vrugte, versprei eweredig.
Plaas dit terug in die vrieskas en vries tot hard.
Sodra dit hard is, vat ‘n bord of bak, soos jy verkies en keer die bak met gevriesde roomys daarop uit.
Haal die kleefplastiek versigtig af en plaas die koek weer terug in vrieskas totdat julle gereed is om eet.

Foto en resep:  Jean Botha

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page