Your Recipe Blog

ROOMYS VERRASSING

ROOMYS VERRASSING

Hierdie vinnige en maklike nagereg is net die regte ding vir die kerstafel en kan in pragtige kleure gedoen word.
Hoeveelhede hang af van die hoeveelheid porsies wat jy wil voorberei.

  • vanilla roomys of roomys van jou keuse
  • Tennisbeskuitjies of koekies van jou keuse
  • bosbessies (cranberries) of enige droë vrugte van jou keuse
  • skuimpies
  • neute van jou keuse

Laat die roomys sag word buite die yskas maar nie heeltemal smelt nie.
Roer die roomys goed deur.
Gebruik ‘n broodpannetjie of ‘n mooi glasbak met ‘n mooi vorm.
Enige houer wat jou sal help om mooi porsies te sny of te skep.
Lê die hele houer uit met kleefplastiek.
Skep van die roomys onder in die bak/pannetjie.
Sit ‘n laag gebreekte koekies op die roomys.
Krummel van die skuimpies op die koekies.
Strooi bosbessies oor en neute.
Skep die res van die roomys oor.

Nota:
Pak nog lae indien jy verkies en jou bak/pannetjie is lekker diep.
Jy kan self besluit in watter volgorde jy die lae wil pak.

Vou die kleefplastiek toe oor die roomys en sit terug in die vrieskas om weer hard te vries.
Wanneer jy gaan bedien, vou die kleefplastiek oop, sit ‘n opdien bord oor die bak/pannetjie en keer die roomys uit op die opdienbord. Trek die kleefplastiek versigtig af, en krummel nog skuimpies oor net voor bediening.
Dit is heerlik as die skuimpies nog lekker krakerig is.
Geniet die maklike nagereg.

Idee en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page