Your Recipe Blog

ROOMYS MUFFINS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6 grotes of 12 kleintjies

ROOMYS MUFFINS

  • 2 koppies bruismeel
  • 1 knippie sout
  • 3 koppies roomys, enige geur
  • 25 ml olie
  • bietjie melk, vir meng

Smelt die roomys bietjie in die mikrogolf, voeg die olie by en meng.
Meng die bruismeel en sout en maak aan met die roomys.
Indien die deeg te styf is, voeg bietjie melk by tot dit ‘n lekker tekstuur het.
Skep in die muffin pan en bak teen 180°C vir 15 min.
Heerlik en vinnig!!!!

Wenk:
As jy aarbei roomys gebruik, sny bietjie vars aarbeie by of bessies.
Indien jy gewone sjokolade roomys gebruik, gooi bietjie neute en kaneel by, of gebruik die roomys met pepermintstukkies in, anders is die muffins geneig om bietjie “blunt” te wees.
Indien jy ‘n 6 gaatjie muffin pan gebruik, verleng jou tyd na 25 min of tot gaar.

Resep geplaas deur  Rina Kleinhans
Foto:  Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5