ROOMYS MET VARIASIE
- Basiese mengsel:
- 250 ml volroom melk
- 120 ml suiker (ek gebruik strooisuiker)
- 1 heel eier plus 1 of meer eiergele (hoe meer, hoe ryker)
- 5 ml vanilla geursel of ander geurmiddels
Klop die suiker en eiers saam tot romerig – dit beskerm skynbaar die proteine in die eiers.
Voeg melk by en verhit op lae hitte terwyl jy heel tyd roer tot dit begin verdik – dis basies ‘n baie dun vla.
Laat afkoel en voeg 400 ml ordentlike room by.
As jy net daai waterige verskoning van Clover kan kry, voeg biejie “marscapone” by.
Voeg die vanilla / ander geurmiddels by.
Skep in roomysmasjien en “churn”.
Ek vind dat die proses gouer gaan as jy dit oornag in die yskas laat voor die laaste stap.
VIR SJOKOLADE WEERGAWE: (my man sê dit proe soos Hagen Dass).
Ek gebruik BAIE kakaopoeier (250 ml), maar as jy nie so swaar op sjokolade is nie, kan jy dit halfeer. Dit proe nie soos kakao nie, maar soos baie lekker sjokolade.
- SPESERYE ROOMYS – ‘n wenner na ‘n Kerriemaaltyd
- 500 ml volroom melk
- 500 ml room
- 1 koppie suiker
- 8 eiergele
- 6 kaneelstokkies
- 16 heel naeltjies
- 5 blommetjies steranys (dis noodsaaklik)
Verhit die melk tot net onder kookpunt met die speserye in.
Laat ‘n uur lank staan om te trek.
Verwyder die speserye en volg die basiese resep se metode verder.
- MUSTARD ICE CREAM – stunning! – serve on mushroom or butternut soup, great as normal ice cream
- 100 g smooth Dijon mustard
- 40 g brown sugar
- 100 g honey (add less for savoury version or leave out)
Whisk into basic mix, cool down and churn.
Variations:
Add cinnamon, very strong dissolved coffee, cheese, or 125 ml alcohol (maximum, otherwise it does not freeze) to milk mix.
Iets anders vir jou feestafel.
- PINOTAGE ICE CREAM SERVES 4
- 250 ml sugar syrup (made by boiling up ½ water ½ sugar)
- 250 ml pinotage
- 250 ml seeded grapes
- 250 ml cream
- 200 ml milk
Bring first 3 ingredients to boil.
Simmer until grapes are soft and mixture is ½ of original volume.
Cool down.
Add cream and milk and freeze and churn.
Serve with poached pears in red wine or with cheese and crackers.
Nota: Sien foto:
My metode om die temperatuur vinniger af te bring in mengsels – in hierdie geval, die vla basis vir roomys.
Sit ‘n gevriesde bottel water in ‘n plastiek sak binne in die mengsel.
Resep en foto’s: Petro Borchard