Your Recipe Blog

ROOMYS HORINGKIES VAN SPEK

ROOMYS HORINGKIES VAN SPEK

Ons maak mos maar altyd ‘n oudurfie wat ‘n voorgereg is, nou vanaand het ons ‘n “after” dingetjie gemaak.

  • Hoeveelhede volgens eie smaak:
  • 1 pak repiespek
  • sjokolade, gesmelt
  • roomys

Gebruik die repiespek en maak spek “cones” daarvan deur dit op foelie te draai wat op ‘n cone kartonnetjie gedraai is. Laat staan in die vrieskas tot die spek lekker styf is.

Braai die “cones” op kole tot lekker krakerig en bros. Verwyder dan die karton en die foelie versigtig sonder om die spek “cone” te breek.

Smelt bruin sjokolade en voer die spek “cone” uit met ‘n lagie sjokolade deur dit met ‘n mes mooi aan te smeer aan die binnekant van die spek “cone” sodat daar nêrens gaatjies is nie. Plaas dit in die yskas vir ‘n rukkie om hard te raak.

Skep die “cone” vol roomys van jou keuse deur dit in te stop tot op die bodem van die spek “cone”. Drup ‘n bietjie karamel sjokolade “ice cap” op en geniet.
Dis djeeeeetlik krakerig en lekkerrrr!

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page