Your Recipe Blog

ROOMSPINASIE (KETO/LAE KOOLHIDRAAT)

Recipe by
Cook: 25 minute

ROOMSPINASIE (KETO/LAE KOOLHIDRAAT)

  • 2 bosse spinasie, are uitgesny, gewas en gesny
  • 100 ml kookwater
  • 125 g roomkaas (ek het Philadelphia Light gebruik)
  • 75 ml room
  • ¼ Brie of Camembert, in blokkies gesny
  • sout en peper na smaak
  • ½ teelepel neutmuskaat
  • 125 ml gerasperde Mozzarella of Cheddar kaas

Plaas die spinasie in ‘n pot en giet kookwater bo-oor.
Kook vir 7 minute, dreineer en druk al die water sover moontlik uit. Hou eenkant.
In ‘n ander pot, meng die roomkaas, room, kaas en geurmiddels saam oor medium hitte totdat dit ‘n sous vorm (die kaas hoef nie heeltemal te smelt nie).
Voeg die gedreineerde spinasie by en roer deur.
Sprinkel Mozzarella of Cheddar kaas bo-oor, bedek met ‘n deksel of foelie en bak vir 10 minute. Verwyder die deksel en bak vir ‘n verdere 15 minute.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page