ROOMPOEDING
- 30 ml botter of margarien
- 250 ml suiker
- 1 ekstra groot eier
- 30 ml appelkooskonfyt
- 250 ml koekmeel
- 125 ml melk
- 125 ml room
- 15 ml asyn
- 5 ml koeksoda
- 5 ml vanilla geursel
- Stroop:
- 250 ml room
- 250 ml suiker
- 125 ml water
- 100 ml botter of margarien
Stel oond op 180 ºC. Bespuit ‘n oondbak (30 x 15 cm) met kleefwerende kossproei.
Room botter en suiker saam. Voeg die eier by en klits.
Voeg dan die konfyt by en klits weer.
Meng die melk, room, asyn en los die koeksoda daarin op.
Voeg om die beurt die koekmeel en melkmengsel by die bottermengsel.
Voeg die vanilla by en meng goed.
Skep in voorbereide oondbak en bak 35 min lank tot gaar en toetspen skoon uitkom.
Verhit intussen die stroop bestanddele op ‘n stoofplaat tot kookpunt.
Giet stroop oor warm poeding sodra dit uit die oond uitkom.
(Die room veroorsaak dat dit bietjie wit bo die poeding wys, maar as dit lank genoeg rus sal dit weggaan).
Bedien met vla.
Resep en foto: Amanda Austen