ROOMMOSSELSPOT MET TUISGEMAAKTE BROODROLLETJIES
Ons het by Liezl vanaand hierdie heerlike lekker seekos geniet. Ons het vroulief se potbrooddeeg gebruik en buns gebak innie oond. Saam met dit het Liezl vir ons garnale in botter oppie kole gemaak in haar wok.
Ek het die kallie marie strips gebak in knoffelbotter en saam met dit als het Liezl vir ons lekker mossels in ‘n poitjie gemaak wat bestaan het uit:
- MOSSELSPOTJIE:
- 1 x 800 g pak mossels
- botter
- 1 koppie witwyn
- 2 koppies room
- 1 fyngekapte ui
- 2 eetlepels fyngekapte nat knoffel
- 1 teelepel droë tiemie
- 1 teelepel aromat
- 1 teelepel gemaalde swart peper
Smoor die ui in botter in die potjie. Voeg die room en res van die bestanddele by en laat prut. Voeg dan die mossels by en verhit tot dit prut. Prut vir 10 min en dien op.
- BROODROLLETJIES:
- 4 koppies koekmeel
- ½ teelepel sout
- 10 g droë kitsgis
- 2 eetlepels suiker
- 2 eetlepels kookolie
- ± 400ml lou water
Sif meel en sout in ‘n mengbak, voeg suiker en kitsgis by en meng deeglik. Voeg olie by asook water sodat ‘n sagte deeg vorm. Knie deeg af tot glad en nie meer klewerig is nie.
Plaas in ‘n ligte geoliede bak en bedek. Plaas op ‘n warm plek totdat dit dubbel in grootte gerys het. Vorm omtrent 7 ewe groot balle en pak op ‘n gespuite oondpan en bak teen 180 ºC vir ongeveer 30 tot 40 min in ‘n voorverhitte oond.
Nota:
En siedaar. Ons het die buns in daai lekker roomsous gedip en ek’t natuurlik appelkoos jem op my bun gesmeer en was djeeeeerlik.Foto en resep: Gideon en Liezl Louw

Category: