Your Recipe Blog

ROOMMIELIES PLAATKOEKIES

ROOMMIELIES PLAATKOEKIES

  • 2 koppies koekmeel
  • 2 eiers, geklits
  • ¼ teelepel sout
  • ½ koppie suiker
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 90 ml olie (ek het olyfolie gebruik)
  • ½ koppie melk
  • 1 blik roommielies
  • paprika na smaak
  • tiemie na smaak
  • olie vir vlak braai

Meng droë bestanddele, voeg die roommielies by en meng deur.
Voeg die melk en eiers by.
Meng alles saam en bak lepelsvol in vlak olie soos gewone plaatkoekies.
Bedien saam met stroop indien verkies.

Nota:
Jy kan enige spesery by voeg wat jy verkies. Ek het ‘n teelepel fyn gekapte knoffel net vir ietsie ekstra bygevoeg.

Resep en Foto: Bianca Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page