Your Recipe Blog

ROOMKAAS VERSIERSEL

ROOMKAAS VERSIERSEL

Die is ‘n vanilla koek, 2 lae met roomkaas versiersel (soos in resep) en bloubessie kompot in die middel. Jammer ek het nie ‘n naked foto nie, maar dit werk perfek vir “naked cakes”.

  • 250 g blok roomkaas, uit die yskas (nie die klein smeer bakkies nie)
  • 250 g botter of Woodenspoon wit margerien, kamertemperatuur
  • 2 koppies versiersuiker
  • 10 ml vanilla

Klits room en kamertemperatuur botter, yskas koue roomkaas en vanilla tot goed gemeng.
Voeg versiersuiker by en klop tot net gemeng.
Pasop vir te veel klits, anders skei die suiker van die roomkaas.

Nota:
Die botter moet kamertemperatuur wees en room yskoud.
Die roomkaas resep maak genoeg vir ‘n 2 lae naked look koek.

Resep en foto:  Madelene J v Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page