ROOM SNOEK
Bedien saam met ertjieslaai.
- 1 groot snoek, die een was 2,3 kg, sny snoek in stukke soos verkies
- Sous:
- 1 liter room
- ½ – ¾ koppie suurlemoensap
- 300 – 400 g appelkooskonfyt
Meng die sous bestanddele saam.
Pak snoek in ‘n pan.
Nota:
Ek het die een op die vuur geplaas.
Kan ook gedoen word in ‘n skottelbraai.
Gooi die room mengsel oor die snoek en lig die snoek bietjie sodat die room onder die snoek in loop.
Braai eers met velkant na bo tot helfte van die sous weggekook het en draai dan om sodat vis op velkant lê in die bak.
Braai tot die roommengsel wegkook.
Resep en fotos: Koos van der Merwe