Your Recipe Blog

ROOM MELKKOS

ROOM MELKKOS

  • 300 ml room
  • 60 ml koekmeel
  • ¾ eetlepel vol botter
  • 1 teelepel kaneel en suiker gemeng
  • bietjie sout
  • kaneel vir bo-oor

In die mikrogolf plaas die room in ‘n mikrogolf beker.
Verhit die room vir so drie minute tot dit vuurwarm is.
In ‘n klein bakkie voeg die meel en sout bymekaar.
Vryf die botter in die meel en sout tot dit krummels vorm.
Plaas in die warm room en meng goed.
Plaas in die mikrogolf en meng elke 30 sekondes vir so drie minute tot dit lekker dik word soos ‘n witsous amper, maar bietjie meer dikker.
Voeg die kaneel en suiker by en plaas weer in die mikrogolf vir 30 sekondes tot 1 min tot lekker dik.
Plaas in ‘n bedienings bakkie en strooi kaneel oor!
Genoeg vir een!
Geniet!

Foto en resep: Kristie Townsend

One Review

  1. LUCY

    gonna try it tonight.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page