ROOM KNOFFELSLAKKE
Resep: Elsie Jacobs Dreyer
Foto : Elsa Loock – Het my man bederf met room garlic slakke. Dit is heerlik.
- 2 eetlepels botter
- 4 knoffeltoontjies fyn gekap
- 2 eetlepels koekmeel
- 2 koppies room
- 2 koppies kaas van jou keuse
- Slakke
- Smelt botter en braai saam met knoffel vir so ‘n minuut. Die knoffel moet nie brand nie.
- Meng meel by en dan room. Roer aanhoudend tot dit dik begin word en sprinkel dan kaas by.
- Spoel die slakke af onder koue water en sit in kaasmengsel. Moet nie kook nie. Laat net opwarm anders word slakke taai.
- Skep in oondvaste bakkies, strooi ‘n goeie hopie kaas oor en bak onder die oond rooster tot Bubbly en goud bruin.
Category:

