ROOM, KNOFFEL EN SAMPIOENHOENDER
Enigste verandering wat ek gemaak het, is ek het nie die hoender ingevryf met die hoenderaftreksel blokkie nie. Ek is ‘n tipe 2 diabeet wat Low Carb. Het Team Asijiki Chakalaka en Chicken Spice oor my hoender gestrooi. Met mengelslaai daarby.
- 8 beenlose hoenderdye-filette (met die vel aan)
- 1 blokkie hoenderaftreksel
- 1 eetlepel seesout
- ½ teelepel gemaalde swartpeper
- 2 eetlepels groente-olie
- 50 g (1.07 oz) ongesoute botter
- 400 g (14 oz) sampioene, in stukke gesny
- 6 knoffelhuisies, fyn gekap
- 3 takkies vars tiemie
- 1 koppie klapperroom
- fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 2 eetlepels fyn gesnyde grasuie
Breek die hoenderaftreksel fyn en meng dit met die sout. Sprinkel die mengsel oor die hoenderfilette. Sprinkel die peper oor.
Braai die hoender tot gaar op medium hitte. Dra die hoender oor op ‘n groot bord.
Verhit die botter tot medium hitte. Voeg die sampioene by die skuim. Geur met ‘n knippie sout en laat die sampioene so 2-3 minute braai of tot die eerste kant goudkleurig is. Roer die sampioene en laat dit dan nog 3-4 minute braai totdat die sampioene oral oor goudkleurig is. Voeg die knoffel by en roerbraai nog ‘n minuut.
Roer die tiemieblare deur die sampioene. Voeg die klapperroom by en roer.
Plaas die hoenderstukke in die romerige sous. Laat 2 minute prut.
Sprinkel die suurlemoenskil en die grasuie oor en sit voor.
Resep en foto: Lynette de Beer