Your Recipe Blog

ROOMAARTAPPELGEREG MET KAAS EN “POTATO BAKE”

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-30 min

ROOMAARTAPPELGEREG MET KAAS EN “POTATO BAKE”

  • 6 medium grootte aartappels
  • 1 pakkie “potato bake” enige geur
  • 125 ml room
  • 275 ml melk
  • sout en peper
  • 250 g gerasperde kaas

Kook aartappels tot gaar, maar nie pap nie.
Meng die room en melk en voeg die “potato bake” by, klits goed. (Ek meng met my handklitser)
Sny aatappels in dun skywe. (Myne het ek met ‘n hand voedsel verwerker in klein blokkies gesny)
Sit gesnyde aartappels in ‘n oondvastebak, geur met sout en peper na smaak.
Giet die melkmengsel oor die aartappels.
Strooi die kaas mildelik oor.
Bak 20 tot 30 min op 180 ºC. tot kaas bruin is en die gereg deur warm.

Resep en foto: Meisie van der Colff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page