ROOIWORSIE PASTEITJIES
- 1 koppie koekmeel
- 125 g margarien
- 1 teelepel rooipeper
- ¼ koppie gerasperde Cheddar kaas
- 1 eier
- sout
- ± ¼ koppie melk (net genoeg om deeg aan te maak)
- 250 g Eskort rooiworsies (moenie ander maak gebruik nie, dit pof op in olie en dan is worsie en deeg los van mekaar)
- olie vir diepbraai
Sif droë bestanddele saam en vryf margarien in totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
Roer kaas by droë bestanddele.
Klits eier en melk saam. Voeg by meel en maak deeg aan.
Sny elke rooiworsie in 3 gelyke dele.
Rol deeg uit en sny in stroke so breed soos worsie.
Rol elke rooiworsie in deeg toe. Smeer bietjie water op rand van deeg en druk vas met ‘n vurk.
Bak in warm olie tot goudbruin.
Plaas op kombuis papier om ekstra olie te absorbeer
Resep en foto: Alta de Wet