Your Recipe Blog

ROOIBOSTEE SJOKOLADEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min.

ROOIBOSTEE SJOKOLADEKOEK

Ek bak geen ander sjokolade koek meer nie. Dis ‘n groot  en hoë koek.

  • 250 ml warm rooibostee
  • 125 ml kakao
  • 4 eiers, geskei
  • 375 ml suiker
  • 125 ml olie
  • 5 ml vanilla
  • 450 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout

Meng rooibos en kakao tot glad en laat afkoel.
Klits eiergele en suiker goed saam. Roer dit by kakaomengsel in.
Roer olie en vanilla ook by kakaomengsel in.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en meng by kakaomengsel.
Klits eierwitte styf en voeg by, meng goed.
Verdeel in 2 panne.
Bak 30 min by 180 ºC.

  • Versiersel:
  • ½ pakkie sjokolade kitspoeding
  • 1 blik karamelkondensmelk
  • 250 ml room

Klits saam en laat ‘n ruk in yskas.
Smeer tussen lae en bo-op koek.
Sif bietjie kakao oor.
Hou die koek in die yskas.

Resep: Frieda Greyling
Foto: Tanya Smith

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5