ROOIBOSTEE DADELBROOD
- 250 ml rooibostee
- 300 g fyngekapte dadels (550 ml)
- 5 ml koeksoda
- 140 g sagte bakmargarien (150 ml)
- 120 g suiker (150 ml)
- 2 groot eiers, geklits
- 5 ml vanilla geursel
- 280 g koekmeel (500 ml)
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 100 g gekapte okkerneute of pekanneute (250 ml)
Voorverhit oond tot 180°C – waaieroond bo 160°C.
Strooi koeksoda oor dadels, giet warm rooibostee oor en laat afkoel.
Voeg sagte margarien by. Voeg suiker by eiers en klits totdat suiker opgelos is.
Voeg vanilla geursel by en roer die mengsel by die dadelmengsel in.
Meng en sif droë bestanddele saam, voeg neute by en meng die twee mengsels bymekaar.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde broodpan, maak gelyk en bak 1¼ uur op middelste oondrak.
Gly ‘n mes langs die kante in en keer uit op ‘n draadrak.
Resep en foto: Helene Burger