Your Recipe Blog

ROOIBOK NEK- EN SKENKELSPOT

Cook: 2 uur 45 min

ROOIBOK NEK- EN SKENKELSPOT

Resep en foto: Gideon Louw
Ek het gistraant hierdie wildsvleis ( rooibok ) skenkel en nek poitjie gemaak en dit was vrek lekker

  • 4 kg skenkel- en nekstukke. Vooraf laat lê in asyn water vir 4 ure
  • 3 wortels geskil en in repe gesny
  • 2 groot aartappels geskil en in stukkies gesny
  • 1 eetlepel rissieflokkies
  • 1 eetlepel witpeper
  • 1 eetlepel sout
  • 2 eetlepel knoffelflokkies
  • 1 pakkie bees- en uiesoppoeier opgelos in ‘n ½ koppie water
  • 1 liter water
  • Verbruin die vleis vooraf in ‘n warm pot.
  • Voeg die uie by en verbruin saam met die vleis.
  • Voeg die water by en bring tot kookpunt.
  • Laat prut die pot vir 2 ure.
  • Voeg die wortels en aartappels by asook alle ander bestanddele behalwe die soppoeier en prut vir nog twee ure.
  • Voeg die soppoeier by 45 minute voor pot reg is.
  • Laat rus die potjie vir ‘n half uur, terwyl jy nog ‘n fynetjie vat.
  • Bedien vleis op ‘n bed kapokaartappels of soos verkies.
  • Dit was baaaaaaaie lekker….
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page