ROOI TJOPS OF RICHMONDSOUS
Dis erg lekker, ken dit as Richmond sous, maak my lam/skaap rib daarin gaar. Vinger lek lekker.
So maak julle my lus en ek haal ribbetjie lamstrips uit vrieskas en druk in oond. Na ‘n ruk in die oond maak ek die sous aan, en ontdek daar is nie tabasco in die huis nie. Sit maar Bushmans chili sous in en sprinkel bietjie cajun peper oor. Maak oond oop en ribbetjies is toe ‘n halwe nek.😲🤭 Skep die sous oor en bak verder vir 3 ure op 190°. Hell maar dit was lekker!😋
- 200 ml tamatiesous
- 125 ml asyn
- 200 ml suiker
- Tabasco na smaak
Geur tjops met speserye van keuse. (Ek gebruik sommer Steak en Tjops spice)
Bak in oond teen 150ºC vir 30 min.
Meng bogenoemde bestanddele en skep oor die tjops.
Bak vir 30 min tot ‘n uur teen 150ºC.
Geniet.
Tips: Alida Keown
Ons kook die sous so 30 min oor lae hitte en gooi dit oor gebraaide hoender.
Die sous moet so lekker dik wees met vars brood.
Resep: Marcel Botha
Foto: Carla Botha