Your Recipe Blog

ROOI NIERBONE BOLOGNESE / BOLOGNAISE

Recipe by
Cook: 3 - 4 ure

ROOI NIERBONE BOLOGNESE / BOLOGNAISE

  • 500 g maalvleis
  • 1 blikkie rooi nierbone
  • 1 blikkie tamatie- en uiemengsel
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 klein soetrissie, ontpit en gekap
  • 20 baba kersietamaties
  • olyfolie
  • sout en gemaalde peper
  • 5 ml komyn
  • 5 ml gemengde kruie
  • gekapte basiliekruidblare
  • 5 ml Tobasco sous
  • 45 ml warm blatjang
  • 10 ml Worcestersous
  • 30 ml tamatiepasta
  • 15 ml bruinsuiker
  • gerasperde Parmesaan kaas
  • gekapte pietersielie

Braai die ui en soetrissie in olyfolie in ‘n warm pan tot glansend.
Voeg die maalvleis en kersietamaties by, geur met sout, peper, komyn, gemengde kruie en Worcestersous.
Roer die mengsel goed deur en braai in die pan totdat die vleis nie meer pienk is nie.
Voeg die tamatie- en uiemengsel, blatjang, tobasco en tamatiepasta by die maalvleis en roer dit goed deur.
Laat die mengsel prut op medium hitte en roer gereeld.
Voeg die blik rooi nierbone met die sous, gekapte basiliekruid en bruinsuiker by en roer deur, laat dit minstens 2 – 3 ure prut of plaas dit in die oond op 130°C vir dieselfde tydperk sodat die geure goed ontwikkel.
Bedien op rys of pasta met gerasperde Parmesaankaas en pietersielie.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page