ROOI FLUWEELKOEKIES
- 580 g Ina Paarman “Red Velvet” koekmengsel
- 2 groot eiers
- 60 ml kookolie
- 30 ml melk
- versiersiersuiker
Voorverhit oond op 180°C. Voer bakplate met bakpapier uit.
Meng al die bestanddele, behalwe versiersuiker saam in ‘n mengbak (ek het dit sommer met ‘n houtlepel gedoen).
Rol in kleinerige balletjies en daarna in die versiersuiker (moenie skaam wees met die versiersuiker nie).
Pak dit op die voorbereide bakplate en bak vir 8 tot 10 minute.
Laat afkoel op draadrakkie en verpak daarna lugdig.
Resep en foto: Gisela Pruter