ROOI FLUWEELKOEKIES
Resep en foto: Gisela Pruter
- 580 g Ina Paarman “Red Velvet” koekmengsel
- 2 groot eiers
- 60 ml kookolie
- 30 ml melk
- versiersiersuiker
- Voorverhit oond op 180°C. Voer bakplate met bakpapier uit.
- Meng al die bestanddele, behalwe versiersuiker saam in ‘n mengbak (ek het dit sommer met ‘n houtlepel gedoen).
- Rol in kleinerige balletjies en daarna in die versiersuiker (moenie skaam wees met die versiersuiker nie).
- Pak dit op die voorbereide bakplate en bak vir 8 tot 10 minute.
- Laat afkoel op draadrakkie en verpak daarna lugdig.
Category:












