ROOI FLUWEELKOEK
- 3 koppie koekmeel
- ½ koppie mielieblom (Maizena)
- 3 koppie witsuiker
- ½ koppie kakao
- 1 eetlepel koeksoda
- 1 ½ teelepel bakpoeier
- 1 ½ teelepel sout
- 4 groot eiers
- 1 ½ koppie natuurlike jogurt
- 1 ¼ koppie warm water
- ½ koppie olie
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1 teelepel wit asyn
- 2 eetlepels rooi voedsel kleursel
Verhit oond 180 ºC, smeer 3 koekpanne (9 inch) met botter of bespuit met nie-kleefwerende middel.
Meng meel, suiker, mielieblom, kakoa, koeksoda, bakpoeier en sout saam.
Meng al die nat bestanddele by en meng deeglik.
Verdeel in panne en bak vir 30 – 35 minute of tot gaar toets.
Versier met roomkaas versiersel.
Nota:
Dit is ‘n heerlike klam koek, en kan vir 5 dae gebêre word.
Kan 24 cupcakes uit die beslag maak en bak vir 30 minute.
Resep en foto: Doreen Loots