ROOI FLUWEEL KOLWYNTJIES
Resep en foto: Amanda Austen
Red velvet cupcakes
- Beslag:
- 625 g koekmeel
- 125 ml kakaopoeier
- 5 ml koeksoda
- 3 ml sout
- 250 ml botter, saggemaak
- 500 ml suiker
- 4 eiers
- 250 ml suurroom
- 125 ml melk
- 30 ml rooi voedselkleursel
- 10 ml vanilla
- Versiersel:
- 240 ml roomkaas, saggemaak
- 125 ml botter, saggemaak
- 30 ml suurroom
- 10 ml vanilla
- 500 g versiersuiker
- Voorverhit die oond tot 180°C. Sif die koekmeel, kakaopoeier, koeksoda en sout saam. Hou eenkant.
- Klits die botter en suiker met ‘n elektriese klitser, ongeveer 5 minute lank tot lig en donsig.
- Voeg die eiers een vir een by en klits goed.
- Voeg die suurroom, melk, voedselkleursel en vanilla by. Klits goed.
- Meng die nat bestanddele met die droë bestanddele, tot net goed gemeng. Moet nie oor klits nie.
- Skep kolwyntjie papiertjies driekwart vol.
- Bak 20 minute lank of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel.
- Versier wanneer afgekoel.
- Vir die versiersel klits die roomkaas, botter, suurroom en vanilla saam.
- Voeg dan die versiersuiker stadig by en klits tot goed gemeng.
Category:












