Your Recipe Blog

RONELL SE HEERLIKE LASAGNE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minutes

RONELL SE HEERLIKE LASAGNE

  • 1 pak lasagnevelle
  • 1 fyngekapte ui
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 ml Italian tamatie en basiliekruidsous in blikkies (Ek maak my eie en vries dit)
  • 750 g maalvleis
  • 2 groot sakkies Koo of All Gold tamatiepasta
  • sout en peper, origanum, tiemie, suiker na smaak
  • 2 liter klaargemaakte witsous

Braai ui tot deurskynend en voeg knoffel by. Braai tot sag.
Voeg die maalvleis by, maak los met vurk en braai tot gaar.
Voeg kruie, sout en peper by asook die 500 ml sous.
Meng die 2 pakkies tamatiepasta met 1 koppie kookwater en suiker na smaak.
Voeg by maalvleis, meng deur en prut vir 10 minute. Voeg nog suiker by na smaak indien nodig.
Maak 2 liter witsous. Dis genoeg vir een oondpan.
Skep genoeg witsous in ‘n oondbak en pak lasagne velle langs mekaar op die sous tot die bodem bedek is. Moenie oormekaar pak nie.
Skep warm maalvleismengsel versigtig oor die velle, alles moet mooi bedek wees. Ek vat al die maalvleis sous.
Pak nog ‘n laag lasagnevelle op die maalvleis en skep die witsous lekker dik oor.
Sprinkel die kaas bo-oor as jy dit dadelik gaan bak. Ek gebruik die lasagnevelle wat nie hoef te staan voor hulle gebak word nie.
Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 40 minute tot bruin en velle gaar.
Druk met ‘n skerp messie in velle in om te toets of dit sag is.
Nota:
Indien jy nie dadelik gaan bak nie, pak die lae en laat staan, sprinkel kaas oor net voor dit oond toe gaan.

Wenke:
Koop die lasagne velle wat klaar gereed is vir oond toe gaan. Spaar tyd.
‘n Dunner witsous maak dat velle vinniger sag word.
Maak vooraf jou eie pasta, tamatiesous met vars kruie en vries.
Baie lekker.

Resep en foto: Ronell Muller Boshoff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5