Your Recipe Blog

RONEL SE GESONDHEIDSBESKUIT

RONEL SE GESONDHEIDSBESKUIT

Resep: Ronel Rudolph
Nota en foto: Rina Kleinhans

Ek het vanoggend hierdie beskuit gebak en dit is nou in die oond om te droog. Ek hou van die resep want mens kan regtig bysit en insit wat jy het.(lees nota onder aan)  Dit ruik ongelooflik lekker.

  • Meng droë bestanddele saam:
  • 1 ½ koppie hawermout
  • 2 koppies Nutty Wheat
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 handevol Corn flakes, maak effens fyner
  • 2 handevol All bran flakes, maak effens fyner
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 handvol klapper, opsioneel
  • 1 handvol sade, opsioneel, ek het sonneblom sade gebruik
  • 1 handvol rosyne
  • Klits saam:
  • 3 eiers
  • 1 koppie suiker
  • 1 ½ koppie karringmelk
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 teelepel sout
  • Ekstra:
  • 250 g margarien
  • Smelt die margarien.
  • Voeg die geklitste eiermengsel en sagte margarien by die droë bestanddele.
  • Meng deeglik deur.
  • Nota: Ek het mengsel dubbeld aangemaak en gevind dit was baie slap. Toe voeg ek omtrent ‘n koppie bruismeel by om dit net stywer te maak.
  • Plaas  die mengsel in ‘n voorbereide vlak bakplaat en druk vas. Maak gelyk bo-op
  • Bak teen 180° vir 25 – 30 minute.
  • Haal uit die oond en laat effens afkoel.
  • Sny verlangde grootes en droog uit.

Nota:  Rina Kleinhans
Ek het die karringmelk vervang met vrugte jogurt en ek het hawermout en corn flakes vervang met 3 koppies “fruit and nut” muesli wat klaar rosyne in gehad het.  Ek het nie nog ekstra ingesit nie, maar net gekyk dat my mengsel mooi bymekaar kom en nie te droog is nie. Ek het ook xylitol gebruik in die plek van die suiker.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page