Your Recipe Blog

ROMERIGE VARK, SPEK EN SOETRISSIE BREDIE

ROMERIGE VARK, SPEK EN SOETRISSIE BREDIE

“Veels geluk met 10 jaar van ’n absolute puik groep en fantastiese admins Rina Kleinhans! ‘n Dame het gisteraand gevra vir ‘n romerige varkvleis bredie resep…en dit maal al die hele dag deur my kop. Ons vrieskasdeur het boonop nie reg toegemaak gisteraand nie (ys!), en die enigste pakkie vleis wat heeltemal ontvries was was diced pork! Ek het dit sommer as ‘n teken beskou, en vanaand die resep uitgedink.”

  • 20 ml olyfolie
  • ½ ui, gekap
  • 125 g spek (gerook indien moontlik), gekap
  • ½ elk groot rooi- en geelsoetrissies, gekap
  • 1 teelepel vars roosmaryn, gekap
  • 1 teelepel vars tiemie, gekap
  • 1 teelepel droë dragon (tarragon) of salie (sage)
  • 1½ teelepels gerookte paprika
  • 500 g varkvleis blokkies
  • 175 ml water
  • 1 blokkie hoenderekstrak
  • 1 teelepel elk Dijon mosterd en Amerikaamse (geel) mosterd
  • 175 ml room
  • sout en peper, na smaak
  • ⅓ teelepel xantham gum (of 1 teelepel Maizena aangemaak in/geroer in  75 ml melk)

Braai die ui, spek en soetrissies in die olyfolie vir sowat 10 minute oor ‘n medium hitte.
Voeg die geurmiddels en varkvleis blokkies by en braai nog so vyf minute.
Voeg nou die water en ekstrak by en prut bedek totdat die varkvleis sag is.
Kook nou onbedek oor ‘n hoë hitte vir sewe minute, en roer dan die mosterd, room, sout en peper by.
Prut nog verder vir 10 minute, en verdik met die maizena.
Prut nog 2 – 3 minute en bedien op gestoomde kool (vir lae koolhidraat doeleindes) of rys/kapokaartappels.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page