ROMERIGE TAMATIE HOENDERKERRIE
- 5 – 6 hoenderborsies, in blokkies gesny
- 2 uie, in repies gesny
- sout en peper, na smaak
- knoffel- en kruie spesery, na smaak
- borrie, na smaak
- kerrie, na smaak
- blatjang, na smaak
- 2 eetlepels suiker
- 125 – 250 ml room, na smaak
- ½ blikkie gekondenseerde tamatiesop
- 2 aartappels, in blokkies gesny
Braai die uie in bietjie olie, voeg die hoender by en braai net deur.
Voeg die res van die bestanddele buiten die room by en kook stadig tot die sous lekker dik raak en die aartappels sag is.
Roer die room deur en laat net deur kook.
Resep en foto: Natascha Crouse
Category: