Your Recipe Blog

ROMERIGE SPINASIE EN SPEK SOP

ROMERIGE SPINASIE EN SPEK SOP

  • 600 g spinasie, skoon gemaak
  • 15 ml olie
  • 250 g spek, gekap
  • 1 ui, fyn gekap
  • 45 ml koekmeel
  • 500 ml water
  • 1 pakkie hoendersoppoeier
  • 300 ml suurroom
  • 2 ml fyn neutmuskaat
  • 2 ml gemengde kruie
  • sout en peper na smaak

Dompel spinasie in kookwater vir 1-2 minute tot sag.
Spoel af onder koue water en druk al die oortollig water goed uit.
Verhit olie en braai spek en uie tot sag.  Voeg meel by en meng tot pasta.
Roer soppoeier en water by, meng goed en verhit tot kookpunt.
Voeg die spinasie by die sopmengsel en prut vir 20 min.
Meng in ‘n voedselverwerker tot glad.
Sit mengsel terug in die kastrol en voeg die res van die bestanddele by.
Verhit en bedien saam met brood stokkies of brood van jou keuse.

Kan ook saam met hierdie lekker vetkoekkies bedien word.

Vinnige skep vetkoekies

  • Meng die volgende tot ‘n sagte deeg:
  • 2 koppies bruismeel
  • 1 teelepel sout
  • 300 ml louwarm melk

Verhit plat pan met vlak olie tot medium warm.
Skep lepels vol van die deeg in olie en bak op medium hitte tot goudbruin alkant en gaar.
Dreineer op kombuispapier.

Resep en foto:  Zelda Fouche
Foto: Marian van Deventer (bedien saam met charcoal brood)

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5