Your Recipe Blog

ROMERIGE SPEK PERI-PERI HOENDERLEWERS

ROMERIGE SPEK PERI-PERI HOENDERLEWERS

Na al die heerlike lewer posts die afgelope paar dae, het ek vreeslik lus gekry vir lekker lewer. Ek hou van my lewer redelik fyn en souserig en kan nooit besluit tussen romerig of peri-peri nie so hierdie is my romerige spek peri-peri hoenderlewer. Heerlik saam met enige vorm van mash, of as n voorgereg.

  • 1 ui, gekap
  • 10 ml olie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 4 repies spek, gekap
  • 2 x 500 g bakkies hoenderlewers, afgespoel en in kleiner stukke (na jou keuse) gesny
  • 1 botteltjie mild peri-peri sous (ek het Nando’s s’n gebruik want dis die laagste in koolhidrate)
  • 1 eetlepel versoeter of suiker
  • 175 ml room
  • 2 eetlepels gekapte koljander
  • sout en peper na smaak

Braai die ui in die olie tot deurskynend. Voeg die knoffel en spek by en braai nog 5 – 7 minute. Voeg die lewer by, en braai nog ‘n paar minute. Voeg die peri-peri sous en versoeter by en laat prut totdat die lewer na jou smaak gaar is. Roer die room, koljander, sout en peper by en bedien.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page