ROMERIGE SJOKOLADEMOUSSE
- 150 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
- 50 ml sterk swart koffie
- 50 ml botter
- 3 eiers, geskei
- 250 ml room, verkoel
- geklitste room vir versiering
Smelt die sjokolade en koffie in ‘n glasbak oor kookwater of in mikrogolfoond.
Roer gereeld.
Voeg die botter by en meng tot die botter gesmelt is en die mengsel effens afgekoel het.
Klits die eiergele en meng met ‘n kwart van die sjokolademengsel.
Voeg die res van die sjokolademengsel by en meng deur.
Klits die room styf en vou in.
Klits die eierwitte tot die sagte punt vorm en vou by die sjokolademengsel in.
Giet die mengsel in klein koppies of glasbakkies en verkoel oornag.
Versier met ‘n roomroset en vars blommetjies indien verkies.
Foto en resep geplaas deur Joanita Rothman