ROMERIGE SJOKOLADE NAGEREG
Die resep vra vir ekstra dik room maar ek het net gewone room gebruik, dit het net so goed gewerk.
- 50 g melksjokolade
- ½ koppie suiker
- 2 eetlepels kakaopoeier
- 1 eetlepel koekmeel
- 2 teelepels maizena
- ¼ teelepel sout
- 2 koppies melk
- 40 ml ekstra dik room
- ½ teelepel vanilla geursel
Sny die sjokolade in klein stukkies op.
Meng al die droë bestanddele en melk saam.
Plaas die mengsel in ‘n pan oor medium hitte.
Roer aanhoudend totdat die mengsel verdik.
Voeg die sjokolade en room in en meng goed.
Verwyder mengsel van hitte.
Voeg die vanilla by.
Giet die mengsel in koppies, glase of bakkies vir enkel porsies.
Koel af tot kamer temperatuur, plaas in yskas tot jy dit bedien met jou keuse van room of gekerfde sjokolade bo-op.
Resep en foto: Madélynn Janse Van Rensburg