ROMERIGE SELDERY- EN AARTAPPELSOP
Dit is my eie resep en dit is HEERLIK!
- 2 koppies gekapte seldery
- 1 teelepel fyn knoffel
- 1 klein ui
- 4 opgesnyde aartappels
- 1 koppie spek (of hoenderblokkies)
- 1 koppie melk
- 1 ½ koppies water
- peper na smaak
- 1 hoogvol eetlepel margarien
- 2 eetlepels koekmeel (indien nodig) aangemaak met bietjie water
- ½ koppie room
- sout na smaak
Plaas die seldery, knoffel, ui, aartappel, spek of hoenderblokkies, melk, water en peper in ‘n groot genoeg pot op die stoof en verhit tot kookpunt, stoom totdat al die bestanddele in die pot gaar is.
Verdik die sop met die meel indien verkies.
Verwerk die sop tot fyn met ‘n “stick blender”, voedselverwerker of ‘n aartappeldrukker.
Roer die room in die fyn sopmengsel in.
Proe die sop en indien verkies, voeg ekstra sout by indien nodig.
Belowe, dis baie lekker.
Nota:
Jy kan die sop afrond met ‘n “blop” styf geklopte room bo-op.
Resep en foto: Hannie Steyn












