ROMERIGE SAGO POEDING
- 1 blik kondensmelk
- 200 ml sago
- 250 ml room
- 250 ml melk
- 2 eiers, geskei
- knippie sout
- 5 ml bakpoeier
- kaneelsuiker
Kook sago, melk, sout en room saam tot deurskynend.
Haal van stoof af en voeg die kondensmelk, bakpoeier en eiergele by en meng goed.
Klits eierwitte tot styf en vou in by sagomengsel.
Skep in gesmeerde oondbak en strooi kaneelsuiker oor.
Bak teen 180 ºC tot net gestol.
Nota:
Moet nie langer as 15 minute bak nie anders maak dit nie daai heerlike sous onder nie en is dit te droog.
Resep geplaas deur Tessie Els Nel
Foto: Tessie Els Nel
hi, moet n mens eers die sago week voor n mens dit kook?
Hi Mari, ek het gevind dit is nie meer nodig om die sago wat mens deesdae koop te week nie, dit word een groot pappery. Kook dit net teen lae hitte saam met jou melk tot dit blink ogies maak.
Geniet dit baie