ROMERIGE KASERIGE BRUSSELSE SPRUITE
- 400 g gevriesde of vars brusselse spruite
- 175 ml room
- 2 gekapte sprietuie
- 2 eetlepels gerasperde Parmesan kaas
- sout en peper na smaak
Bedek die spruitjies met kookwater en kook vir ongeveer 5 – 7 minute, tot net sag.
Dreineer goed.
Voeg die res van die bestanddele by die spruite en roer versigtig deur.
Prut vir nog 3 – 4 minute oor ‘n medium hitte. Bedien.
Foto en resep: Ilze Jacobs
Category: