Your Recipe Blog

ROMERIGE KAPOKAARTAPPELS MET BRUIN UIESOUS

ROMERIGE KAPOKAARTAPPELS MET BRUIN UIESOUS

Vanaand…sommer net lui gewees…lekker romerige kapokaartappels, bruin uiesous en ‘n lekker stuk boerewors. MY EIE SOUS POEIER – Hierdie poeier kan jy gebruik om ‘n lekker bruinsous vir jou mash, rys of pap te maak of om bredies of kerrie te verdik.

  • 10 aartappels, geskil
  • 7.5 ml bakpoeier
  • 60 ml botter of margarien
  • 125 ml room
  • Aromat en peper na smaak

Kook aartappels tot sag. Druk aartappels fyn met ‘n masher. Strooi bakpoeier oor aartappels en voeg botter by.
Meng room, Aromat en peper goed deur. Plaas terug op stadige plaat en kook vir so 3 minute.
Geniet saam met wors en ‘n heerlike sous.

  • BRUIN UIESOUS
  • Meng die volgende saam:
  • 2 pakkies “Hearty Beef Stew” poeier
  • 2 pakkies “Savoury Instant Gravy”
  • 400 g pak “Knorrox Soup Oxtail Flavour” poeier

Nadat dit goed gemeng is, stoor in ‘n lugdigte houer.

  • Om die souspoeier te gebruik:
  • 1 groot ui gekerf
  • 500 ml kookwater
  • 3-4 opgehoopte eetlepels gemengde souspoeier
  • 10 ml Worcestersous
  • 10 ml tamatiesous/paste
  • sout en peper na smaak

Braai ‘n groterige ui in die wors of vleis se vet tot bruin.
Voeg die kookwater by die gebraaide uie.
Skep die souspoeier in ‘n koppie en maak aan met lou water.
Meng die aangemaakte poeiermengsel by die gebraaide uie.
Voeg die Worcestersous en tamatiesous of tamatiepaste by.
Geur met sout en peper na smaak.
Kook op stadige plaat tot sous verdik.
Geniet.

Resep en foto: Heleen Brümmer Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page