Your Recipe Blog

ROMERIGE HOENDERMAGIES

ROMERIGE HOENDERMAGIES

Vanaand se romerige hoendermagies op ‘n lekker bed “smash” was voortreflik.
Ryk en lekker …  hmmmm.

  • 1 ui, gekap
  • ½ rooi soetrissie, gekap
  • 200 ml room
  • ¾ koppie water
  • 3 eetlepels bruinasyn
  • 1 eetlepel Balsamiese asyn
  • ½ teelepel rissievlokkies
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel swartpeper
  • ½ teelepel knoffelvlokkies
  • ½ teelepel Italiaanse kruie
  • 2 eetlepels sampioen soppoeier
  • 3 eetlepels suiker
  • 700 g hoendermagies, skoongemaak

Kook die skoongemaakte hoendermagies in ‘n koppie water en ‘n halwe koppie asyn tot sag vir omtrent 90 minute.
Smoor die uie en soetrissies saam.
Voeg al die ander bestanddele, behalwe die magies, by.
Roer goed en laat prut vir ‘n paar minute.
Skep die gekookte magies uit en voeg dit by die sous.
Laat prut vir omtrent 20 minute.

Nota:
Ons het dit sommer op ‘n sny geroosterde brood geskep en ‘n blaartjie opgesit vir mooigeit.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page