Your Recipe Blog

ROMERIGE HOENDER-, KAAS- EN SPEKPASTA

ROMERIGE HOENDER-, KAAS- EN SPEKPASTA

  • 2 koppies fyn hoender (ons het oorskiet hoender gehad en dit opgesny)
  • 1 ui, opgesny
  • 125 g spek, opgesny
  • 1 teelepel fyngekapte knoffel
  • 250 g rou pasta
  • komyn
  • origanum
  • Six Gun speserye
  • gerasperde kaas
  • 500 ml witsous met 150 g gerasperde kaas

Maak 500 ml wit sous met 150 g kaas in en geur met swart peper en na smaak.
Kook die 250 g pasta tot amper gaar of soos hul sê “al dente.”
Braai spek tot gaar en bruin, skep uit in ‘n bakkie.
Braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot dit begin bruin raak.
Plaas die spek terug in die pan, strooi met komyn, origanum en Six Gun speserye na smaak en roer deur.
Strooi die spek en uiemengsel en die hoender oor die gaar pasta. Meng goed deur.
Voeg die witsous by en roer goed deur.
Strooi ekstra kaas oor.
Mikrogolf 5 min tot kaas gesmelt is.
Bedien en geniet!

Resep en foto: Meisie van der Colff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page