Your Recipe Blog

ROMERIGE HOENDER- EN HAMPASTEI

Recipe by
Cook: 30 minute

ROMERIGE HOENDER- EN HAMPASTEI

  • 30 ml olie
  • 1 medium ui, opgesny
  • 1 knoffelvingertjie, fyn gesny
  • 250 g (1 pak) sampioene, in skyfies gesny
  • 680 g gaar hoender, in stukkies gesny
  • 220 g ham, in blokkies gesny
  • 250 g (1 houer) gladde maaskaas
  • 5 ml Dijon mosterd
  • fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 45 ml vars pietersielie, fyn gekap
  • 1 eier, liggies geklits
  • sout en peper na smaak
  • 1 rol skilferkors deeg, ontdooi
  • eier en melkmengsel om oor deeg te smeer

Voorverhit die oond tot 180°C, en bespuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei.
Verhit die olie in ‘n groterige kastrol tot warm en soteer die ui, knoffel en sampioene in die olie tot sag.
Verwyder van die hitte en voeg die res van die bestanddele by. Meng liggies deur en geur na smaak.
Verdun effens met bietjie melk as dit baie styf is. Skep die mengsel in die voorbereide bak.
Sit skilferkors bo-op en smeer met eiermengsel. Maak ‘n snytjie in die middel van die deeg dat die stoom kan uitkom. Bak ongeveer 30 min tot goudbruin en gaar.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page