ROMERIGE GEBAKTE KOOLSKYWE MET KAAS
Ek is lief kool in alle gedaantes en vorms, maar hierdie is een van my heel gunstelinge. Maklik en heerlik.
- ½ medium kool, in skywe gesny
- 2 – 3 eetlepels olyf/avokado/canola olie
- sout en peper na smaak
- 125 ml room
- 250 ml gerasperde kaas
Pak die kool skywe in ‘n oondbak, uitgevoer met bakpapier.
Strooi olie, sout en peper bo-oor.
Bak vir 45 min by 190°C (die kool moet begin swart raak om die kante).
Skep nou die room en kaas bo-oor en bak nog 15 – 20 minute.
Bedien met vleis en groente van jou keuse.
Resep en foto: Ilze Jacobs